Monday, July 26, 2010

progress report

Vir die wat my GOOD INTENTIONS post gelees het aan die begin van die jaar, ek het gedink dis 'n goeie idee om bietjie te kyk hoe ek vorder met my UITERS billike nuwejaars-voornemens! 
  • Sluit aan by die gym (moenie lag nie, ek is actually ernstig daaroor) - CHECK! (I told you so...)
  • Hang 'n klomp fotos van ons vriende teen die muur (veral die wat ver is) - CHECK (lyk of ek goed doen met die lys)
  • Doen dinge bietjie staaaaadiger - Hmmm (nie meer so seker oor my vordering nie)
  • Lees meer oor dinge waarvan ek niks weet nie (ander kulture ens) - Behalwe die boek oor die Paarl wat Jacques onlangs gekoop het, NOPE!
  • Koop my super amazing smart kamera; doen fotografie kursus in Stellenbosch - Die spaar proses is op hold gesit aangesien ons OOK spaar vir 'n deposito op ons eerste huisie, hopelik nie te lank nie...
  • Maak vir myself klere!!! (rokkies, maklikes om mee te begin ☺) - Tel dit as ek vir myself begin inkopiesakke maak het? En 'n voorskoot!? Ek is nog by blokke en reguit lyne, hopelik teen die einde van die jaar die guts om 'n patroon aan te durf!
  • Ek wil minder hard wees op myself (is dit nogsteeds op my lys!!?) - Ek wonder. Ek dink ek het al bietjie relax in dit. Jacques sal weet!
  • Probeer nuwe dinge, sien nuwe plekke in die Kaap! - CHECK vir n paar nuwe plekkie, NOPE vir nuwe dinge (oorweeg perdry en kunsklasse though)
  • Wees 'n blessing by my werk, nie 'n burden nie - SEMI CHECK (ek dink nie mens kan ook brag dat jy 'n blessing is nie ☺ dis iets wat ek seker altyd moet aanhou persue en nie flou raak nie)
Nie te sleg nie dink ek. Ek het erger verwag! Dis nogal lekker om gou terug te loer en te sien of ek nog op track is. Dis nie huge of vreeslike diep doelwitte nie maar dit is 'n paar lekker dingetjies om aan te werk. Ek dink hulle almal dui daarop dat ek oor die algemeen net bietjie meer balans in my lewe soek. Ek sou nie sê ek is heeltemal daar nie, maar voel darem of ek nader kom. Die Here help my en ek leer heeltyd om Sy grace vir my meer te ontvang en geniet. Ek het dit meer nodig as enige iets op my lysie!

Lekker week julle! Vasvat!!

No comments:

Post a Comment