Tuesday, July 13, 2010

die een waar die sop spat

Ek het gou 'n halfuur vir myself by die werk (ja my inbox is wonder bo wonder SKOON en my to-do lysie lyk 90% klaar). Dis nog nie etenstyd nie maar ek is klaar so honger, ek weet nie hoekom vandag so erg nie!?

Gelukkig het ek altyd 'n paar vrugte gereed by die werk, en vandag op die menu is LEMOENE!!

Dis nou 'n storie om die ding te skil hier voor my rekenaar sonder om die hele lessenaar vol te spat. Jy weet partykeer as jy die lemoen klaar geskil het, en jy probeer hom oopbreek, spuit daai een straal reg in jou oog - EINAA!! Jy dit gebeur elke keer, en buiten my oog, as my keyboard en screen groot tragets wat moeilik is om te mis.

Ek het gaan handoekpapier kry en oor my keyboard gegooi. Ek het ook rondom my bordjie gepak dat my tafel nie taai word nie ☺ En ek besef nounet ek kon actually die lemoene by die huis al geskil het en net in 'n bakkie gesit het.

AG JIS! Dit 'n grootmens nou so stadig moet wees. Elke keer so 'n groot storie en baie skoonmaak na die tyd.

Laat ek gou my hande gaan was, dit plak aan die keys vas...

No comments:

Post a Comment