Friday, July 23, 2010

love handles ♥ not always so lovely

Love handles - hmmm. Nie iets waaroor ons girls opgewonde raak nie! Wat my soms frustreer is dat jy so maer soos 'n kraai kan wees, maar dié suckers wil net nie die partytjie verlaat nie! Ek het al besef mens kan nie oor elke flaw sit en hartseer raak nie, en elke girl moet iewers 'n punt daarvan maak om te waardeer hoe sy aan mekaar gesit is, so ek is nie negatief of suur hieroor nie ☺.

In 'n vorige post het ek bietjie geskryf oor die vreemde vroutjie wat vir ons klas aangebied het by die gym - wel, ek was gister weer by haar klas. En so vervelig soos wat haar sequences is, DIT WERK!! Haar musiek het my amper aan die slaap gemaak, maar dis nog net 2 weke en ek sien klaar 'n verskil. Sy doen baie toning/body conditioning oefeninge met ons, en dit lyk soms bietjie soos goed wat mens vir bejaardes sal gee om te doen, maar JIS! Dis die beste work-out wat ek heel week kry. Sy doen iets reg.

Ek weet die algemene oortuiging onder girls is dat maer mense nie hoef te oefen nie, maar ek het 'n ruk terug 'n wake-up call gekry oor hoe ek regtig myself 'n guns doen as ek oefen. Mens sien dalk nie nou al die effek daarvan nie, maar as ek eendag 50 is gaan ek bly wees! Hierdie delayed gratification is 'n moeilike ding vir my, ek hou maklik op met iets as ek nie dadelik die reward kry nie. Maar uiteindelik, op 26-jarige ouderdom, begin ek bietjie regkom!

So die love handles wat 'n bietjie wegsmelt is eintlik maar net 'n bonus! Ek het nooit begin oefen om in "shape" te kom nie, meer om my gesondheid 'n boost te gee en te sorg dat ek my lyf oppas (hy moet my nog lank hou!!). Ek onthou Marna het nog een dag vir my gesê: "Jou liggaam is 'n tempel van God en jy moet dit oppas. Hoe doen mens dit? Genoeg slaap, gesond eet en OEFEN!!" Dankie Marna, hy skop nou eers in ☺ Mens wil tog lief wees vir die lyf waarin jy woon, ongeag jou vorm of lengte of sproetjies. Ek oefen nog net van April af so pligsgetrou, maar dis regtig soos die slim mense sê - dit maak 'n verskil op soveel vlakke! Slaap beter, moods is beter, konsentreer beter by die werk ens ens ens.

Ek hoop ek kan dit volhou!

PS - die girl in hierdie foto is nie ek nie!! ☺

No comments:

Post a Comment