Ek het die laaste maand so slap gelê met oefening, lekker lui geraak met die koue nat weer wat die kaap vir ons oplewer. So wonder bo wonder het ek myself weer die week reggeruk en my gereelde gym klasse gaan bywoon. Ek moet sê, dit het baie gehelp dat ek 'n kollega gehad het wat saamgaan. Twee is beter as een, en soos Pastoor Willem altyd sê - SAAM IS BETER!!
Dinsdag aand begin met 'n stewige Body Conditioning klas - love handles, thighs ens ens. Altyd 'n goeie idee! Woensdag middag 'n spinning klas om die hart 'n bietjie te laat klop - baie nodig na ek die skim was vir 'n maand ☺ En toe...
Donderdag middag stap ek op in die gym na die V-fit klas toe, wat gewoonlik deur Franco aangebeied word. Altyd 'n rowwe een maar great toning oefeninge en hy kry ons nie baie jammer nie - so dis altyd 'n super workout. Franco is nie daar nie, maar in sy plek staan 'n skraal ou tannietjie met 'n bril op. Groot smile en snaakse skril stemmetjie wat sê ons moet nader staan. My kollega laat my verstaan sy was al in die klas en dit was aaklig - outydse musiek en die vroutjie wat heeltyd skree op almal. EISH!
Ek besluit om maar een vir die span te vat, want een van my vriendinne wat gereeld saam my gym is in die klas, en ek gaan haar nie alleen daar binne los nie ☺ En goepsdruk kry die beter van my kollega. Ons gaan dit aandurf...
En toe trek sy los! Dit het gevoel of ons army toe gaan, so wild was haar super PT opwarming. OH MY WORD! En sy doen nie als saam nie, demonstreer so een of twee keer en dan moet ons aangaan terwyl sy gou 'n water breuk vat. Ek is nie mooi seker hoe fiks sy self is nie, maar sy gee nie juis om dat ons suffer nie!!
Ons het geswoeg en gesweet, maar hier 20 minute in die klas in het ek begin giggel en kon ek net nie ophou nie. Haar skril stemmetjie begin vir my komieklik klink, en ek sien in haar groot smile dat sy baie excited is om ons fiks en gesond te kry. Haar oefeninge lyk almal aanvanklik soos kinderspeletjies, maar na 'n stel of twee wil jou lyf net inmekaar sak.
Die oumatjie het my dag gemaak, en ek dink my maagspiere het dubbel so hard gewerk, want om crunches te doen terwyl jy lag is ook nie speletjies nie - aaaargh!! ☺
RESPECT.

No comments:
Post a Comment