Hierdie is seker die lekkerste gevoel wat ek nog heel week gehad het... Ek is verveeld.
Dis heerlik, want ek werk myself al vir maande oor 'n mik. Elke dag eindig met 'n lang lys van goed wat nog nie afgehandel is nie en die stress kom sit op my skouer soos 'n groot swaar african grey.
Ek het skielik gister meeste van my werk afgehandel, en vandag kon ek weer vooruit werk aan 'n paar dinge - HEMEL!! Volgende week vat ek Maandag en Dinsdag af sodat ek en manlief bietjie kan weggaan vir twee aande, en as ek Woensdag terug kom is ek gereed vir aksie!
Ek voel bietjie skuldig want ek is gewoond om heeldag super gefokus en besig te wees, maar op die oomblik oorweeg ek dit actually om bietjie my naels te verf terwyl ek 'n paar liedjies luister op my oorfone ☺ Dis soos om skelm 'n sjokolade te eet - YES!
Hoop julle het 'n lieflike naweek!

No comments:
Post a Comment