(My ma sou nou lag, maar vra dan vir Jacques hoe lyk ons gmail calender en my shopping lys ☺). Die feit is dat ek eintlik BELAGLIK verstrooid is, en sonder hierdie elektroniese era met al sy tools en reminders, sou ek dit dalk nie deur 'n dag gemaak het sonder om my kop te verloor nie.
Hierdie tools haal baie dink- en onthou werk vir my uit die proses, en help my om belangrike dinge op die regte tye op te volg. Ek het bv 'n calender entry wat ons elke jaar sal herinner om vir 'n decent dental chek-up te gaan, of om ons TV lisensie te hernu. Ek sien my en Jacques se afsprake daarop en vermy baie double bookings. Ek sorteer my emails in folders sodat ek dit altyd weer kan opspoor wanneer ek dit nodig het. So nou onthou ek goed wat ek nie andersins sou nie, en raak die deurmekaar lewe bietjie meer streamlined.
Maar soveel as wat ek my filing en booking sisteme love, is daar party gedagtes wat maar net in die lug rond hang partykeer. Soms vir weke voordat ek hulle raaksien. Daar is sekere dinge wat ek op 'n hopie pak in my kop - die hopie wat ek nie lus is om uit te figure nie. Is dit net ek wat dit doen? Ek glo nie.
Vandag sien ek my kalender is skoon en my to-do list leeg. En ek onthou die ou blog is eintlik daar om my te help file aan al die deurmekaar gedagtes van my. As ek dit moet opsom, is die meeste van hierdie gedagtes oor my werk wat my totally insluk. Selfs al love ek dit en kan ek elke halfuur voel hoe ek leer en groei, is ek bietjie moeg vir hierdie ongebalanseerde leefstyl. Ek sou nooit myself as 'n work-a-holic beskryf nie, maar dis seker hoe ek lyk op die oomblik. Ek klink vir myself soos een, want buiten my werk het ek nie veel om oor te praat nie.
So ek wil nou al die simpel werk gedagtes in 'n laai sit en aan nuwes begin werk - positiewe, kreatiewe en interessante gedagtes! Ek wil weer plannetjies maak vir my en Jacques om lekker goed saam te doen. Ek wil weer een of ander vorm van 'n stokperdjie aanpak. Ek wil kuier met vriendinne en ietsie lekker vir myself doen (dit klink soos 'n goeie verskoning vir 'n haar afspraak of n goeie massage).

No comments:
Post a Comment