Ek lees nounet weer my paniekerige post oor my bestuurder wat so rukkie terug met kraamverlof is, en ek wat die fort moet hou vir 'n volle 5 maande! Ek was super uitgestress en moet erken, ek voel nogsteeds of ek in die diepkant moet swem meeste dae.
Maar glo dit of nie, 2 maande is al verby en daar is nog net 3 oor. Ek is nou en dan verbaas dat ek nog asem haal en nog nie omgeval het van uitputting nie. Ek was intussen al lekker burnt-out, maar gelukkig kyk die Here so mooi na my!
So hierdie post is maar net om te sê dat ek vorder en groei en heeltyd beter aanpas in die very much professional omgewing. Dit help regtig om te bid, en wat ek moet leer is om nie onmoontlike standaarde aan myself te stel nie. Vir hierdie eager beaver sal dit seker 'n life-long challenge wees om te ontspan en net mens te wees, maar hopelik kom help die Here my daarmee ook.

No comments:
Post a Comment