Monday, May 3, 2010

under pressure

dum dum dum dada dum dum ♫ ... Ken julle die liedjie van Queen? Under Pressure was nog nooit iets waaroor ek wou sing nie, maar die laaste twee weke by die werk is besig om my seriously te motiveer.

Ek is 'n eager beaver. Ek weet dit, no use denying it! Ek hou van goeie punte en om 'n toets te ace. Ek het vir lank hopeloos te veel van my identiteit in my punte gesoek, so ek moes bietjie laat gaan. Maar nou dat ek in 'n redelike nuwe werk sit is die verwagtings weer hoog. Ek sien dis hoofsaaklik maar ek wat self hoë targets stel, en wat nie hou van foute maak nie. Maar ek moet sê die aard van my werk vereis maar in elk geval excellence. Dis mense se beroepe en sensitiewe inligting waarmee ek heeldag moet werk. Jy't serious legal problems as jy die fynste fyn lyn oortree.

So ja, ek voel bietjie in die diepkant wat verantwoordelikheid betref, maar 'n baie wyse vrou het die naweek 'n groot waarheid by my laat val: as jy net aanhou om die REGTE ding te doen, sal dinge uitwerk soos dit moet en sal die Here vir jou deurkom. Oe, ek vat dit. Dis al wat ek nodig gehad het om my weer bietjie te motiveer. Ek kan nie die reëls vir enige iemand buig nie, ek kan nie die reëls vir myself buig nie, en ek moet die reëls kan implimenteer wanneer ek sien ander mense probeer dit buig.

Daar is elke week een of twee situasies wat vir my net ONMOONTLIK lyk om op te los, maar as ek weer sien het die Here dit vir my kom hanteer. Ek moet net leer om nie te veel te stress in die proses en desperate besluite te neem nie, net aanhou om die regte ding te doen.

Nog 'n liedjie wat by my opkom: the only way out is through van Alanis. Vandag wens ek weer my lewe kon regtig EGTIG 'n soundtrack gehad het ☺ Dit voel vir my of soundtracks mens altyd help om te deal met wat jy in die fliek sien. Ek sal maar my eie musiek moet gaan maak vanaand as ek by die huis kom.

No comments:

Post a Comment