Wednesday, May 19, 2010

soccer mania

Meeste maatskappye reël nou en dan 'n team building dag vir die personeel. Ek het nog nie voorheen deelgeneem aan sulke events nie, maar vrydag was my beurt. Die IPM Soccer Challenge!!!

Soos julle weet is ek nie Sporty Spice nie ☺ En om eerlik te wees het ek heeltyd gehoop ek word nie gekies vir een van die spanne nie. Ons het die spanne as volg opgedeel: Clinical (ons grootste afdeling) vs die res (Finance, Admin, HR, Quality Assurance, Facilities). Toe ek weer sien is ek gekies vir die starting line-up! Ek dink dit het iets te doen met die geheime oefening wat ek in die basement bygewoon het ☺ Dit was crazy en baie overwhelming, maar het die VREUGDE gehad om 3 goals verby die befaamde XXX te kry. Julle weet, ek en XXX het mos 'n geskiedenis...

Anyway, ek is toe gekies en die groot dag breek aan. Almal het hulle IPM hemde aan en ons prop in die bussies in wat ons na die action sports arena vat. Die worsbroodjies en koeldrank is gereël, en die twee spanne hap mekaar nou al heel week by die werk oor wie gaan vir wie 'n les leer! Ek het nog heeltyd in my agterkop die vrees dat ek plat op my gesig gaan neerval en dat my span hul alie gaan sien ten spyte van al die grootpratery!

Ons het twee games gespeel, waarvan die tellings bymekaar getel was op die ou-end. Eerste game het Clinical ons 1-0 gewen - EINA!!! Wat dit regtig moeilik gemaak het was ons spesiale reël vir die dag: slegs vrouens mag score!! No pressure! Die manne defend so hard en kry keer op keer die bal vir ons naby genoeg dat ons net kan shoot, maar niemand van ons het enige ball sense nie, so dit was maar challenging. Na die slegte verloor trek die experts ons nader (Daniel, Luvuyo en Muhammad): "Girls, why is it so hard to score? Where does the problem lie? We need to get a new strategy!". Weereens, no pressure...

Tweede game het die pas gelukkig bietjie opgetel en ons is bietjie minder skrikkerig om op mekaar se tone te trap. Wonder bo wonder het ek een goal en een penalty geskop, en ons wen die game 3-1. Total score 3-2 vir ons span YEAH!!! Ek was meer verbaas oor die goals as enige iemand anders, en ek moet sê dis nogal 'n rush as jy reg maak om te skop en jy hoor so baie mense jou naam skree langs die veld!! Ek verstaan nou bietjie meer...

Groot kick gewees - no pun intended. Ek was so trots om my sport man by die huis alles te vertel en om die goals in slow motion te replay in my gedagtes. Nooit gedink ek sal die game so geniet nie.

Ek moet sê, die lekkerste deel vir my is eintlik hoe ek met my ander kollegas connect het. Ek is maar alleen in my HR spannetjie, my kollegas sit almal in die US. So al die team talks en lag en trip en skree het definitief gehelp om bietjie meer vriende te maak hier by die werk. Dis 'n bonus dat ek die span se hero op die dag was ☺ hehehe!!!


No comments:

Post a Comment