Friday, June 18, 2010

die een waar ek die pad vat

Dis vrydag. Dis koud. Dis vervelig om nie my man by die huis te hê nie. So ek vat die pad!!

Dankie tog vir goeie vriendin wat my saam nooi om die naweek bietjie Pearly Beach toe te gaan - Ek kan nie wag nie! Dis weer sulke tyd - I N T R O S P E K S I E .

Ons vat ons kitare en 'n lekker leesboek. En ons los al die res by die huis! Manlief is weg vir nog 'n hele week so enige iets om die tyd 'n bietjie vinniger te laat vlieg. Die sekondes dryf maar stadig verby in ons klein woonstelletjie...

Sien julle weer volgende week! Dalk het ek ietsie interressant om oor te skryf na die naweek. Wat is jou planne? Kom ons doen almal die naweek iets kreatief...

No comments:

Post a Comment