Tuesday, August 24, 2010

maatjie vir 'n praatjie

My beste vriendin vlieg binnekort Europa toe saam met haar man vir 'n 3 maande super vakansie! Daarna settle hulle by Hazyview op 'n plaas, wat beteken ons kuiertjies gaan maar elektronies moet voortgaan tot ons mekaar weer sien.

Hulle het nou so bietjie meer as 2 jaar hier in die Kaap gebly en voor dit het ons saam met nog awesome meisies die SONSKYN-huis gedeel in Potchefstroom. Ons was saam in die worship team vir 'n rukkie en het ook kort na mekaar getrou. So lekker vriendskap wat ons albei onkant gevang het. Ek onthou nog dat nie een van ons gedink het ons sal OOIT met mekaar vriende kan wees nie, en toe ons weer sien is ons accountability partners - hehe!! Die Here is darem slim.

Wat ek regtig love van ons vriendskap is dat ons so baie verskil in 'n klomp goed, en dat ons vinnig geleer het om baie oop en eerlik met mekaar te wees. Ek weet as ek REGUIT met iemand kan praat is dit sy ☺. As ek ooit 'n objektiewe opinie oor iets wil hê sal ek haar vra, en ons albei challenge mekaar om dinge in 'n ander lig te probeer sien elke keer as ons stuck voel.

Ek kan baie sê oor hoe cool sy is, maar vandag besef ek net dat ek haar kuiertjies vreeslik gaan mis. Baie van ons praatjies was in elk geval via emails, so all is not lost ☺. Ek kan nie glo die tyd het so vinnig gevlieg in die Kaap nie, maar ek weet die nuwe adventure wat op hulle wag gaan net so amazing wees. (En nou het ons 'n verskoning om bietjie te gaan kuier natuurlik...)

Seidelberg streke

No comments:

Post a Comment