Die weer is lekker gloomy vandag in die Paarl. Ek het nounet lekker warm middagete gehad. My werk is bietjie minder as gewoonlik want ek het die grootste deel van my projekte afgehandel. Ek het gister gewonder of ek moet begin games speel op die rekenaar (want ek is nie lus vir lees/swot nie), maar het toe besluit om my tyd so klein bietjie meer produktief te gebruik.
Ek het ons Desember familie-trip begin beplan!
Dis nogal vir jou 'n storie. Om mee te begin is ons al amper 3 jaar getroud, maar was nog nie een kersfees by ons families nie. So ons het inhaal-werk om te doen. Tweedens is dit nogal moeilik om 'n program uit te werk, want ons albei se ouers is mos geskei en dus het ons 4 stops om te maak net sodat ons elkeen kan sien. Gelukkig bly hulle almal in JHB, PTA en Potch, wat darem nie vreeslik ver van mekaar is nie. Dan... wil ons ook graag by ons oumas en oupas uitkom, ons het hulle op ons troue laas gesien! Ons het ook 'n troue oppad Gauteng toe, so ons probeer BAIE vliee met een klap slaan.
So ja, ons het heelwat logistics om aan te dink. Hoeveel dae om te ry? Hoeveel die petrol gaan kos? Wat om te pak vir padkos? (Jaq soek baie graag frikkadelletjies - resep iemand!!?) Waar gaan ons oral oorslaap en vir hoe lank? Kan ons dalk vriende ook sien tussen deur al die familie? (ons was so baie baie lanklaas in Potch, en mis 'n klomp vand hulle darem net te veel!)
Ek het vir ons 'n super calender bymekaar gesit om solank te begin plot, en ek hoop om die hele 3 weke vol lekker kuiers en interessante familie-encouters te prop ☺ Dalk kan ons ook by lekker plekkies oorstop langs die pad en nog 'n photo memory of twee maak!!

No comments:
Post a Comment