Thursday, August 19, 2010

baptism by fire

Ek is vandag besig om 'n lysie te maak van al die dinge wat moes gebeur terwyl my bestuurder met 5 maande kraamverlof was. Jip 5 maande is baie lank en jip daar moes BAIE gebeur in haar afwesigheid.

So hard soos wat ek probeer het, was daar maar 'n paar groot hiccups gewees wat ek glad nie seker was hoe om te hanteer nie. Die Finansiële Bestuurder het ook bedank 'n paar maande terug, so sy opvolger en ek was maar in dieselfde bootjie om dinge te probeer uitfigure so in die diepkant. So trial-and-error is ons deur hierdie tyd en elke dag het ek 'n bietjie wyser geraak. Die issues self was nie altyd so kompleks nie, maar bloot die feit dat dit die eerste keer is wat ek ALLES daarvan moes doen, was nogal intens.

So nou is die seisoen amper verby en ek probeer al my varkies bymekaar kry voor sy terug kom. Ek sal graag vir haar mooi terugvoer wil gee oor elke item wat sy aan my oorgelaat het. Buiten al die moeilike goed wat maar sukkel-sukkel uitgesort is, was daar darem 'n groot projek of twee wat ek suksesvol voltooi het. Ek besef ook nou ek geniet baie meer die special projects waaraan ek soms moet werk as die vervelige admin dinge. Ek sien uit om daaroor terugvoer te gee en haar my idees te gee vir toekomstige projekte vir die kantoor. Dit is immers HR se werk om werknemers te laat voel ons doen moeite met hulle.

In die 5 maande het ek soveel geleer. Ek kan nou amper nie glo dat ek lewendig anderkant uitgekom het nie, want dit het my woes oorweldig. Ek dink die grootste ding wat ek moes tackle was om vrede te maak met my swakpunte en foute. Dis 'n moeilike een vir my om te aanvaar, want ek hou van GOEIE PUNTE en onderskeidings! Maar in die "regte wêreld" maak almal heeltyd foute en ons help mekaar om dit volgende keer reg te kry. En ek is nog jonk in my beroep so ek kan tog nie alles net 100% regkry van die begin af nie. Moeilike pil nogsteeds vir my om te sluk, maar ek dink ek het teen die tyd besef ek het eintlik nie 'n keuse nie - haha!! Nou wil ek net leer om foute mooi met grace te hanteer en nie toe te laat dat dit my bootjie so skud nie. Ek dink ek probeer dalk te hard om dit SELF reg te kry, in plaas daarvan om die Here te vertrou daarvoor.

In elk geval - dis nou lekker vir my om te kan terug kyk oor hierdie tydperk, wat ek sal noem my "baptism by fire" vir bietjie dramatiese effek. Dis amper klaar, dit was lekker, dit was erg, dit was CRAZY!!! Ek dink die belangrikste is dat ek weet ek het my beste gegee, ongeag of dit gewerk het of nie. Ek moet eerder leer om my effort te meet in plaas van die outcome.

No comments:

Post a Comment