Ek en Jacques is al amper 3 jaar getroud. In die tyd het ek al 'n paar keer probeer pannekoek bak (Pastoor Lousie het immers vir my 'n great resep gegee by my kitchen tea), maar ek moet bieg, ek het dit nog nooit 100% reggekry nie. Ek het net nie die touch nie.
Ek weet nooit of dit my pan se skuld is nie? Is die plaat nie warm genoeg nie? TE warm?? Is die deeg dun genoeg? Ek weet nie, daar is net te veel faktore en ek is nooit seker waar ek die pot (of PAN in dié geval) mis sit nie.
Die naweek se gloomy weer het my laat dink dat ek dit weer wil probeer. Alleen by die huis is darem ekstra lekker as mens 'n paar pannekoeke kan eet. Ek het na die 5de een agtergekom dat ek te veel deeg ingooi (DUH!!) en dan sukkel dit om vinnig gaar te word, skeur as mens dit wil omdraai en die resultaat is baie halwe pannekoeke ☺. So die oomblik toe ek minder deeg ingooi en dit lekker dun uitsprei oor die pan is die een pannekoek na die ander 'n HUGE sukses (net so mooi soos die in die prentjie!!).
So eenvoudig, en dit het my so lank gevat om uit te figure. Seker ook omdat ons nie gereeld pannekoek en soetgoed by die huis eet nie. Maar dit was net wat die reënerige naweek nodig gehad het!

No comments:
Post a Comment