Monday, August 1, 2011

goeie more!

Sjoe maar vanoggend sukkel ek om REGTIG wakker te word. Ek dink aan iets wat my ma altyd gesê het: "die ligte is aan maar daar's niemand by die huis nie". Goeie beskrywing vir hoe ek lyk vanogged! Dis 10:00 en ek voel bietjie of 'n trein oor my gery het. Ek en Jacques het gisteraand so lekker geklets dat ons 2ure later as gewoonlik gaan slaap het - obviously hanteer my lyf nie die verandering so goed nie.

Waar is die dae wat ons tot 2uur kon wakker bly en die volgende oggend opstaan om te gaan eksamen skryf - haha!! Dat een jong mens nou so oud kan voel...

No comments:

Post a Comment