Ken julle die liedjie? Hier is 'n video waar Simon en Garfunkel na AL DIE JAARE weer saam sing - oulik!! Dit laat my altyd aan my pa dink so dit sit 'n groot smile op my gesig ☺
Anyhow - vandag is my office mate met verlof so ek sit in 'n super stil kantoor. Nie altyd lekker vir my extreme extroverted tendencies nie, maar dit gee my 'n kans om bietjie musiek aan te sit terwyl ek werk. Geen headphones, net lekker musiek in my kantoor.
Op my playlist vandag feature Norah Jones (ken julle haar nuwe album: ...featuring Norah Jones? Sy feature in elke liedjie saam met 'n ander artist - lekker dreamy soos ek daarvan hou). Imogen Heap, Mumford & Sons en 'n hele mix van ander favourites , so ek kan sommer sien dat dit 'n lekker dag op kantoor gaan wees...

No comments:
Post a Comment