Thursday, August 11, 2011

hier's ek weer met my potlood voor jou deur

Ek het so lanklaas geskryf, so vandag tel ek weer die spreekwoordelike potlood op. Kom ek bring julle op hoogte!

Daar is twee nuwe dinge wat kop uitsteek in my lewe op die oomblik:

1. TE MIN SLAAP
My man het onlangs by UCT se O/20 rugby span begin help afrig - 3 aande 'n week. Dan het hy ook een aand 'n week koshuis diens en dankie tog ek sien hom meeste van die naweek. Met die nuwe job on the side kom hy in die aande 9uur eers by die huis, so my slaaptyd van 10uur (ek gaan slaap al 10 uur vandag ek in die hoërskool is) verskuif nou na 11uur of later. Dit is 'n tydelike storie, maar dis ook 'n lelike storie. Teen einde September keer dinge hopelik terug na normaal, want so excitiing soos dit vir sy loopbaan is, ek is nie impressed met die versteuring in my 8 ure slaap per nag nie.

2. KOS MAAK
Ek is so moeg om dieselfde kos te maak elke week. Na amper 4 jaar van getroude lewe het ek een of ander platform bereik wat my motivering om lekker/gesonde kos te maak HEELTEMAL kom steel het. Ek is deesdae weer bietjie meer inspired (danksy Masterchef Australia) maar ek is deur 'n serious droë seisoen! Nou moet ek weer terug op die perd spring en en die bul by die horings pak! Ek besef dat ek nie werklik 'n keuse het nie, want as ek in beheer wil wees van wat ek in my lyf kry, moet ek dit self daar sit. So geen meer verskonings nie!

No comments:

Post a Comment