Wednesday, August 17, 2011

mors-jors

Gister het ek (eerste keer in my lewe OOIT) iets gemors op my keyboard by die werk - YIKES!

Ek weet (duh) dat vloeistowwe verkieslik nie naby jou rekenaar moet kom nie, maar wat is dan nou lekkerder as 'n koppie koffie terwyl jy werk? In gister se geval was dit my smoothie wat ek van die huis af gebring het vir ontbyt. Party oggende is net 'n bietjie te dol (of te lui) - dan bring ek dit werk toe.

Nie seker wat fout gegaan het met my hand-oog koordinasie nie, maar toe ek weer sien is my fles onderstebo! En in dieselfde beweging gryp ek toe die keyboard en dop hom om sodat ek (hopelik) van die skade kan keer.

Dankie tog vir goeie reflekse! Ek het net so bietjie skoonmaak werk gehad om  te doen, en niks is meer taai nie. Dit het naelskraap gegaan met my PageDown knoppie vir 'n oomblik, maar als is nou weer silwerskoon.

Ek is seker ek is nie die enigste een hier met wie dit al gebeur het nie...?

No comments:

Post a Comment