Ek lees deesdae al hoe meer hierdie woorde raak - Quarter Life Crisis.
Omdat ek self op 'n plek in my lewe is waar ek (onverwags) weer diep dink oor allerhande dinge (soos beroepskeuse, loopbaan planne, the mystery of marriage, hoe koop mens 'n huis!!? ens ens) is ek apparantly 'n kandidaat. Ek sou dit darem nie as 'n krisis beskryf nie ☺ maar almal gaan seker deur so 'n fase. Noudat ons "grootmense" word is daar party dinge wat beter is as wat ons verwag het, maar baie dinge is moeiliker.
Maar dis seker wat dit OK maak - dis nie net ek nie!! Ek dink dis hierdie tyd wanneer ons besef dat daar nie regtig 'n manual is vir die lewe nie, en om die Here te vertrou ons beste opsie bly ☺. He has never failed me.
Hoop nie enige van julle ervaar dit as 'n krisis nie!? En as julle 'n weekly meeting wil reël om ons quarter lives te celebrate (haha) kom ons doen dit iewers waar mens 'n stukkie wortelkoek kan bestel ☺.

No comments:
Post a Comment