Sunday, September 18, 2011

blou

ek hou nie van blou nie
want blou is net blou
en ek probeer grou
na ietsie dieper om oor te praat.

ek kla nie oor jou nie
want jy's net 'n mens
en al wat ek wens
is dat ons mekaar kan verstaan.

ek sê nie jy's koud nie
want ek sien in jou oë
jy raak soms bewoë
as die waarheid sy verskyning maak.


en ek wil nie meer moan nie
want blou is net blou
en ek's lief vir jou
van die Paarl tot by die maan...



* (my man hou ook van blou, maar moet asb nie vrees nie - hierdie gaan nie oor hom nie ☺)

No comments:

Post a Comment