Thursday, March 31, 2011

what a day for a daydream...

Vandag is die weer bietjie (lekker) gloomy in die Paarl - net reg vir die dromertjie in my. Meeste van ons Clinical Staff is in Afrika lande by hul research centers, so ek het min mense (en min problem employees) om te koordineer die week. Dit beteken dat ek meer tyd op my hande het as gewoonlik.

So baie dinge om oor te droom en dis 'n exciting tyd vir my en hubby. Ons trek oor 2 weke na die woonstel langs ons s'n, so ek dink elke aand aan goedjies wat ek wil maak/koop vir ons nuwe plek. Ek sien al hoe ek vir elke dingetjie 'n pakplek gaan kry in die kombuis en hoe ons nooit weer so baie goed in hoekies agter die deure hoef te bêre nie ☺. Ek droom van mense nooi en genoeg stoele te hê vir almal om lekker te kan kuier. Jacques verjaar ook amper en ek droom oor lekker idees vir sy partytjie. Soos ek gister geskryf het droom ek vreeslik oor wat ek als kan vermag met heirdie maand se sakgeld. En ek droom van die winter, die reën en die lekker butternut sop wat ek gaan maak. 

Ek het gisteraand na sel gedink dat ek weer bietjie wil begin droom oor wat die Here met my wil doen - ek het Hom lanklaas spesifiek daaroor gevra. Dis dalk 'n beter gebruik van my tyd, né? Ek kyk dalk 'n paar oop deure mis as ek aanmekaar sit en droom oor die boots wat ek wil koop!! En wie weet - as ek meer oor die Here en minder oor STUFF droom, val als waarskynlik sommer mooi in plek soos dit moet ☺.


No comments:

Post a Comment