Baie van ons het 'n spesifieke dag (amper soos 'n verjaardag) wat ons die Here ontmoet het en Hom begin dien het. Vandag is dit myne ☺ YEHAAA!!! 1 Maart 2004 was ek uitgebowl deur hoe graag die Here wil hê ek moet Hom ken, en ek het die uitnodiging in 'n oomblik aanvaar. Hy het soveel keer kom klop en vra, maar hierdie spesifieke keer het Hy my vriendin gebruik om reguit met my hart te praat, en ek het geweet my lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. In fact, my lewe het daardie dag mos eintlik eers begin want my gees was lekker dood voor dit.
Anyway - dis awesome om terug te dink aan daai dag. Ek kan presies onthou wat als deur my kop gegaan het en hoe ek gevoel het. Almal sê dit, maar dis waar - dis regtig asof skille van my oë afgeval het, en ek vir die eerste keer myself, die wêreld en die Here kon ervaar. Dankie tog vir die Here se geduld met my, en dat Hy aangehou het om my te kom "bug" met Sy liefde ☺.
Daar het al soveel gebeur ever since, soveel meer vrede en 'n beter begrip van genade. Mens maak minder van dieselfde foute en raak meer sensitief vir die Heilige Gees. Ek het al heelwat meer liefde vir mense, maar soms nog baie min vir myself. Snaaks hoe mens volwasse word in jou geloof, maar altyd net weer jou menslikheid moet face en manage - nes aan die begin. Al is dit al 'n paar jaar, ek besef dat die wedloop vergelyking regtig van toepassing is - dis elke dag se deurdruk en moeite doen en tyd maak en in-tune met die Here wat tel. Soms voel dit of ek oor en oor weer gebore moet word (haha), maar die realitiet maak nou meer vir my sin: dis 'n continuous walk of faith.
Dis eintlik lekker om te weet. As jy een dag droogmaak moet jy nie van voor af gered raak nie, maar repent, wegdraai van jou sonde, en weer agter die Here aanloop. Elke dag WEER die Here kies bo jou vlees en emosies en al jou slim plannetjies. Dis great hoe die Here weet waar jy is en hoe om met jou te werk. Hy ken my inside-out en maak nie saak hoe lank ek Hom dien nie, daar sal altyd nog van Hom wees om te leer ken - AWESOME!!
Ek besef vandag ek het nie 'n foto van daardie tyd in my lewe nie, maar dit was in die koshuis en ek onthou hoe ons op 'n streep in die gang tot bekering gekom het. Hier is 'n fotokie van 'n klomp girls in ons gang, toe ek darem al so rukkie saved was ☺
Good memories!

No comments:
Post a Comment