Hierdie week is vol verrassings!
Gister laat weet manlief my dat hy nou offisieël adjunk-koshuisvader is, wat ook beteken dat ons in die (BAIE) lekkerder woonstel langs ons s'n kan intrek volgende maand - YEH!! Baie trots op hom en ek is soooo excited oor die nuwe, groter, beter plekkie!! Ek kan nie wag om plek te hê vir meer mense om te kom kuier nie!!!
Vanoggend laat weet my bestuurder my ook (so terloops) dat ek van 'n April af 'n lekker verhoging kry ☺. Dis amazing, ek is so blessed by die werk. Ek het in Januarie 'n jaarlikse verhoging gekry, maar met die oog daarop om in Junie weer vir my een te gee om my nader aan die markwaarde te kry. Maar dis toe sommer vroër gedoen omdat ek hierdie maand meer verantwoordelikhede bygekry het. YEH! Net betyds om 'n nuwe kassie of stoele vir ons nuwe plekkie te koop - hehehe!
Die Here se voorsiening is amazing! Ek's so verras!!

No comments:
Post a Comment