Tuesday, March 29, 2011

isty-bitsy-budget

Dis weer die einde van die maand en ek kan nie besluit wat om met my sakgeld te doen nie. Ons doen die sakgeld ding om ons albei se spending mooi gelyk te hou, en om ons te help om eerder essentials te koop voor luxuries. Gelukkig bly daar altyd so klein bietjie oor vir luxuries ☺!

Daar is so baie goed wat ek wil doen/koop/maak, my sakgeld sal NOOIT genoeg wees nie. So vandag is ek op 'n mission om die pro's en con's te vergelyk van als wat ek wil koop. Ek moet dit prioritiseer, hmmm...
  • Hare sny en hi-lites - daar gaan 'n huge hap uit my allowance.
  • Geskenk vir verjaardag vriendin - baie belangrik!
  • Geskenk vir manlief wat amper verjaar - dit hoef SEKERLIK nie uit my sakgeld te kom nie ☺
  • Tights en kouse en langmou hemde vir die winter wat kom - dis basics wat mens nodig het as jy darem van jou outfits wil kan mix en match.
  • Grys jas - sal moet wag tot volgende maand
  • Swart boots - sal moet wag vir Junie (as dit nie al te laat is nie!! die winter is oppad!!)
  • Lap vir nog klere maak - hoe kan ek nog daarvoor ook plek maak op my lys!?
Hoe prioritiseer mens die goed? Dis moeilik om 'n girl te wees ☺. Ek dink tog dit sal maar altyd vir mens voel jy het meer nodig as wat jy kan bekostig - dis die anthem van elke fliek and tv-reeks en advertensie. Dis obviously nie my budget wat klein is nie, maar my wishlist wat te lank is.

Hmpf.


No comments:

Post a Comment