Ek was die naweek by die haarkapper om weer terug te keer na my donkerkop-self, ek het nou vir so jaar die ligter hare en hi-lites probeer, maar gaan sit elke keer met 'n halwe hart by die salon as ek terug gaan vir nog - not this time!! Ek het lekker relax met 'n tydskriffie en 'n koppie koffie. Niks het my aangejaag nie en ek het baie pamperred gevoel - doen 'n vrou se siel so goed! Ek love die donker hare en dit voel vir my of dit baie beter by die res van my pas!
Anyway, hier is 'n lekker blurry foto. Yeh or Neh?
PS - mens kan dit gelukkig nie sien nie, maar ek het so uur terug agtergekom ek het nog heeldag my truitjie onderstebo aan!! Hy het gelukkig geen labels wat dit weggegee het nie ☺

No comments:
Post a Comment