Tuesday, April 5, 2011

nagmerrie

Ek het gisteraand die slegste drome gehad.

Ek droom gewoonlik allerande soorte deurmekaar dinge wat nie logies is of sin maak nie. Ek droom selde oor hoe ek voel en baie keer is my drome nogal onrealisties en snaaks. Ek het agtergekom dat dit baie keer 'n random mix is van goed wat ek die dag gehoor/sien/ proe/ruik/ervaar het, en soms verskyn mense wat ek lank terug gesien het ook in my droom. Maar gisteraand se drome het my sommer omgekrap en toe ek vanoggend met my man oor dit gesels, het ek besef waar dit alles begin het... gister se episode van 7de laan!

Kyk, ek is nie 'n addict nie. Ek kyk 7de laan sodat ek vir 'n halfuur SUPER breindood kan wees na 'n dag vol challenges en hard konsentreer. Maar nadat Dawid Greeff gister uitgevang is dat hy (weereens) 'n affair met iemand het en vir Emma verneek, was my drome vol drama en affairs - NOT COOL! Dis amazing hoe sensitief mens se onderbewussein is vir subtiele cues, en ek het sommer vandag belsuit dat dit die einde is van hierdie daaglikse gewoonte ☺. So kleurvol en onskuldig soos dit ookal mag oorkom, dit bly maar 'n sepie. Ek weet 7de laan is nie die bron van alle kwaad nie, maar kyk net hoe klim dit in my kop in...

No more.


No comments:

Post a Comment