Ek is seker almal ken daardie gevoel - asof jy enige oomblik gaan verdrink in jou omstandighede. Die laaste 2 of 3 weke by die werk voel vir my so - SUPER overwhelming.
Dis asof daar net te veel goed op een slag gebeur, die deadlines is woes en die gevolge as ek die deadlines mis is swaar. Baie swaar. My mandjie is vol van ongelukkige employees, werkspermitte hernu, Wellness Day reel, nuwe beginners se orientering, retrenchment admin, employees wat op 'n streep geliefdes verloor het oor paasnaweek, baie poste om te adverteer en NOG MEER cv's om deur te lees. Die ure in 'n dag voel net te min en ek voel sommer leeg getap...
As dinge so intens gaan voel ek aan die einde van 'n week sommer 5 jaar ouer met al die hardcore ondervinding wat ek bykry. Ongelukkig leer mens ook party dinge die beste deur eers jou kop lekker te stamp - so ek maak foute maar ek leer so baie (al die dinge wat my HR handboeke my nie kon leer nie).
Dit het my net weer besef dat dit alles deel is van die HR pakket, en ek wil graag goed wees daarin om "the good, the bad and the ugly" van HR te kan hanteer. Ek het nuwe motivering om excellent te wees in my werk en uit ondervinding wysheid bymekaar te maak. My bestuurder is ook 'n uitstekende mentor en in al die chaos hou ek haar met 'n valk-oog dop om te sien hoe sy die tough stuff hanteer.
Ek glo egter dat hierdie paar weke net 'n seisoen is, en ek sien baie uit om weer te recover na my sprankelende sosiale self!! Ek vertrou die Here dat Hy my tyd en energie en skill sal kom increase, want soos 'n zombie kan ek nie aangaan nie ☺

No comments:
Post a Comment