Vandag is 'n lekker rainy day in die Paarl en ek love hoe die herfsblare wat fladder buite my kantoor venster. Ek het 'n lekker warm teetjie om te drink en my boots maak so 'n koue dag net soveel beter! Ek is opgewonde oor die nuwe week, aangesien dit die eerste volle werksweek in 'n lang tyd gaan wees: geen vakansie dae en geen verlof.
Ek worstel bietjie die laaste paar weke met die idee van failure en hoekom ek dit so graag wil vermy. Obviously hou niemand daarvan om foute te maak nie, maar ek was in die gewoonte om te dink ENIGE IETS wat skeefloop of nie uitwerk nie (veral by die werk) is somehow my skuld, en heeltemal ontoelaatbaar.
Daar is baie teorieë, ek kan 'n paar noem. Ek het al oorweeg dat ek dalk 'n over-achiever is wat mense se approval soek, maar dit gaan nie regtig vir my daaroor nie, want ek steur my eintlik net aan my eie kritiek. Ek het ook oorweeg dat ek dalk my identiteit in my prestasies vind, maar ek dink ek is al 'n bietjie oor dit en weet om eerder my identiteit in die Here te soek. So baie opsies, maar ek dink ek het vanoggend besef waaroor dit vir my gaan.
Vandat ek klein is, vertel my pa vir my hoe slim ek is. Ek glo dit natuurlik nog altyd ☺ met die gevolg dat ek semi-onmoontlike targets vir myself stel. Deel van my geloof sê ook vir my dat mens moet mik vir excellence en ek is 'n groot fan van die "I can do all things through Christ" versie (dalk bietjie buite konteks ☺). Sonder dat ek besef het, het ek myself oortuig dat ek te slim is om foute te maak (hello pride!!?) selfs al is ek OK daarmee dat ander mense foute maak. Ek weet ons "almal is maar net mense" maar ek sluit gewoonlik nie myself in by hierdie "almal" nie.
Toe ek hierdie blog post vanoggend lees en die video kyk het dit baie duidelik vir my geraak - ek moet eintlik maar net aan myself erken dat ek toe nou NIE 'n genius is nie ☺ haha!! Weke se bid en frusasie met myself, en hier gaan die liggie uiteindelik vir my aan. Die kere wat ek wel brlijant perform kan ek maar opgewonde daaroor raak, maar die konstante verwagting van myself om alles 100% reg te kry moet waai!
Ek glo dis ook maar deel van mens-wees om bietjie hiermee te battle. Ek wou myself nooit toelaat om foute te maak nie, en ek sien uit om my approach so bietjie te verander.
Ek klim nou offisieel van my eie case af! ☺

No comments:
Post a Comment