Monday, November 7, 2011

the itchy and scratchy show


Ek jeuk al vir meer as 'n week. Vreemde ervaring hierdie allergiese reaksie vir wie-weet-wat. Ek het so min buitengewone goed gedoen die laaste twee weke so waarvoor ek allergies is weet niemand nie, maar ek voel en lyk darem al beter.

Maar ek wil nie oor die allergie praat nie, dis meer die krapperigheid binne my.

As mens soveel antihistamine drink en soveel ure slaap as gevolg daarvan, kry jou gedagtes nogal kans om bietjie af te skakel. Ek is heeltyd in die huis en so bietjie verwyder van die samelewing, en dit gee my weer tyd vir so bietjie introspeksie. Nie vir almal lekker nie, maar ek love dit. Ek het soveel tyd gehad die naweek om net weer te dink oor hoe dit regtig met my gaan.

Oktober was so super besig dat ek regtig myself en my vrede bietjie verloor het. Ek het so lanklaas die Here se stem gehoor dat ek sommer hartseer voel. Dankie tog vir die openbaring dat ek ietsie daaraan kan doen. Dit voel soos 'n bietjie spring cleaning wat hier binne my kom gebeur en dit kon nie op 'n beter tyd gekom het nie.

Ek is opgewonde om weer tyd te maak om net by die Here te gaan sit. Geen striving en geen fake wees. Ek wil weer hoor wat op Sy hart is vir my en vir mense om my, en ek wil al die swaar pakkies wat ek so saamsleep gaan neersit - en net daar los.

Die lente het so bietjie laat in my hart opgedaag maar hy is uiteindelik hier!

No comments:

Post a Comment