Thursday, December 6, 2012

time flies...

Wow, ek het 'n hele jaar laas geskryf op my bloggie. Kan dit waar wees? Noudat ek terug kyk besef ek dis toe my Career Blog begin het dat my eie een agtergebly het.

So ja, 'n hele jaar. Wat dink ek nou??

"Time flies when you're having fun" is nie heeltemal hoe ek dit sou beskryf nie. Hierdie was een van die mees challenging jare wat ek en Jacques al moes trotseer. Natuurlik is geen ondervinding en tawwe tye ooit verniet nie, so ek kla nie ☺. Maar oh my word, ek is moeg.

Ek dink 'n my theme song vir hierdie laaste jaar sal wees "the only way out is through". Ons het lekker baie geleer van vasbyt en geduldig wees, meer as wat ek bestel het natuurlik!



Jacques se theme song vir die jaar sal wees "hold on tight to your dreams". Natuurlik ook baie gepas aangesien dinge nie so lekker uitgewerk het by SUSPI nie. Ek dink aan elke oggend wat ons moes werk toe ry in Stellenbosch, en ons kry net nie onsself positief oor die dag wat voorlê nie. So 'n theme song kan mens nogal bietjie van 'n pick-me-up gee (lekker old school) ☺:


Die jaar is amper om en ons albei wag in spanning wat ons potensiele nuwe werkgewers met ons wil maak - so hopelik het ek binnekort 'n bietjie lekker nuus (en 'n nuwe theme song) om te deel! Ons is altyd bly dat die Here weet wat Hy met ons doen, so yeh vir nuwe seisoene wat oppad is!

No comments:

Post a Comment