Met die malste Oktober maand uiteindelik agter die rug sien ek uit na November (wat belowe het om nie my lewe oor te neem soos Oktober gedoen het nie). So ek is weer terug op die lug met nuwe hoop vir die nuwe seisoen.
Iets waaroor ek vrek vrek opgewonde is, is my career blog wat ook in Oktober gelaunch is. Ek beplan al maade daaraan, en sien uit om hom te bou tot sy volle potensiaal. Ek hoop om binnekort my M te doen in Management Coaching, en so 'n blog is 'n baie informele manier om solank jongwerkendes te begin coach. Veral die wat ook heeldag in 'n tipiese kantoor setup sit soos ek.
Laat weet my wat julle dink!!? http://awannabeemployee.blogspot.com/. Elke dag klein dingetjies wat jou beroep 'n bietjie oemf kan gee.
Hierdie is nie 'n blog (soos WAT EK DINK) wat ek slegs vir vriende bedoel nie, my nuwe vriendin Anna Runyan van Classy Career Girl het ook vandag besluit om dit te volg. Ek is in die wolke (amper soos Julie Powell in Julie&Julia)! So voel asb vry om dit aan te stuur vir al die ander newbie's wat nog aan die begin van hul loopbane staan.
Ek was lanklaas so opgewonde oor 'n projek. My manager het ook subscribe nadat sy my self een oggend aangeraai het om te begin skryf oor my specialty. Ek dink nie sy weet dat ek haar naam kan sien by my subscribers nie maar YEH! Ek het dit in elke geval geskryf asof sy elke woord daarvan gaan lees, aangesien sy 'n great mentor vir my is. Dis so lekker om te voel dat ek meer kan doen as net dit wat my werk van my vra. Ek mis dit soms om kreatief te wees in die tipiese werksdag, en hier is my probleem nou opgelos.
Hoe lyk dit??
No comments:
Post a Comment