Thursday, October 20, 2011

wat wil ek dink?

Dis besig en ek is moeg. Ek slaap genoeg maar ek bly vaak. Dit was nounet naweek en ek verlang al klaar na die volgende een! Wat om te maak vir aandete? Al die baie wasgoed!? Ek kom nie by die gym uit nie. AAAAH ek wil nie daaraan dink nie...

Dis seker net tydelik, so ek begin solank vooruit dink na die lekker dinge wat voorlê:

Ek sien uit na die somer en piekniek en swem en tan en roomys. Vars slaaie en koue waatlemoen op 'n warm dag. Ek sien uit na my verjaardag partytjie in Desember. 'n Goeie boek lees en bietjie naaldwerk. Stil tye sonder to-do lists of selfoon opvangs. Lang stappies op die strand saam met Jacques.

En ek sien baie uit daarna om weer bietjie tyd te hê vir die dinge waaroor ek actually wil dink...


No comments:

Post a Comment