Wednesday, June 22, 2011

die laaste doodsnikke van die rugby toere

Ek is opgewonde en hartseer gelyk. Manlief vertrek more op sy laaste rugby toer vir die seisoen. Ek raak dit al meer gewoond en mens waardeer mekaar sommer meer as jy bietjie verlang het, maar kyk - dit bly darem goor as mens se maatjie ver van jou af is. DANKIE TOG ons het uiteindelik die laaste een bereik, en AGGENEE want dis 'n hele week lank.

So ek probeer solank dink aan al die dingetjies waarmee ek myself kan besig hou tot volgende Donderdag...

  • 'n Boek hou my so 2 dae besig as ek niks anders doen nie.
  • Coffee dates met vriendinne altyd 'n goeie idee!?
  • Worship oefen vir sondag oggend.
  • Pilates elke dag - terwyl ek so baie tyd op hande gaan hê!

Hmmm... dis nie genoeg nie - enige ander voorstelle??

No comments:

Post a Comment